Nuus > In die media > AfriSake dien kommentaar by waardeerder-generaal in oor nuwe regulasies

AfriSake het kommentaar by die waardeerder-generaal ingedien wat handel oor die voorgestelde nuwe regulasies wat op  21 April 2017 in die staatskoerant gepubliseer is. Dié regulasies bepaal hoe eiendom deur die staat vir die doel van grondonteiening gewaardeer gaan word.

Die regulasies bevat kriteria vir eiendomswaardasies wat die beperkings in die Grondwet oorskry. Dit sal onvermydelik daartoe lei dat betrokke grondeienaars nie markverwante vergoeding vir hul eiendom sal ontvang nie weens berekenings wat “ongebruikte eiendom” in ag neem en die waarde van die hele eiendom verlaag. Ongebruikte eiendom sluit skynbaar alle ander grond in waarop daar nie landbouaktiwiteite plaasvind nie of waarop daar geen strukture opgerig is nie.

“Dit is uiters belangrik dat eiendomseienaars die regulasies lees en hul eie kommentaar daarop aan die waardeerder-generaal stuur. Die invloed van faktore soos natuurrampe, spesifiek droogte, word nie in dié regulasies verreken nie. Dit sou beteken dat ongebruikte eiendom laer as die ware markwaarde daarvan gewaardeer word. Die regulasies is drakonies en oorskry die mag wat in terme van die Wet op Eiendomswaardasie, 2014 aan die waardeerder-generaal gegee is,” sê Armand Greyling, regs- en beleidsanalis by AfriSake.

AfriSake het hul kommentaar op hul webtuiste by www.afrisake.co.za gepubliseer. Die sluitingsdatum vir kommentaar op die regulasies is 21 Junie 2017.

Sien die kommentaar wat aangeheg is: AfriSake se kommentaar op die voorgestelde regulasies

TUIS     NUUS     INISIATIEWE     ARBEIDSREG     VERSLAE     KONTAK ONS

TEKEN IN

Ons nuusbrief is maandeliks.
TEKEN IN

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!