Nuus > In die media > AfriSake: Dis nie Zimbabwe nie – grondgrype is onwettig

Die sakeregtewaghond AfriSake en grondeienaars het op 5 Junie 2017 ’n hofbevel van die Noord-Gautengse hoë hof bekom om onwettige grondgrypers van dié eienaars se eiendom te verwyder. Die balju en die Rooimiere het vandag alle onwettige grondbesetters in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Tshwane-metropolisie verwyder soos in die hofbevel gelas is.

“Dit is uiters belangrik dat alle grondeienaars hul eiendom en belange beskerm. Eiendomseienaars moet in die geval van betreding onmiddellik optree om ’n uitgerekte hofgeding te vermy wat in die geval van onwettige grondbesetting van toepassing is. Grondeienaars en die regering moet ook vinnig teen dié besettings optree; indien nie, stuur Suid-Afrika op ’n afgrond af wat uiteindelik tot algehele wetteloosheid sal lei en gebeure soortgelyk as wat homself aan die begin van die 2000’s in Zimbabwe afgespeel het,” sê Charles Castle, bestuurder van die arbeidsregadviessentrum by AfriSake.

Eiendomseienaars moet daarop let dat eiendom verbeur kan word indien geen aksie teen onwettige besetters geneem word nie of indien eienaars apaties teenoor die beskerming van eiendomsreg staan.

Die sakeregtewaghond moedig die publiek en spesifiek eiendomseienaars aan om by organisasies soos AfriSake aan te sluit om te verseker dat eiendomsreg beskerm word soos uiteengesit in Artikel 25 van die Grondwet.

AfriSake en AfriForum het onlangs ’n kort gids uitgereik wat eienaarsregte uiteensit en verduidelik. Lede van die publiek is welkom om AfriSake se webtuiste te besoek om meer inligting te bekom, of andersins die kantoor te kontak.

SMS “Land” na 32277 om ons te help om vir die beskerming en behoud van eiendomsreg in Suid-Afrika te veg.

TUIS     NUUS     INISIATIEWE     ARBEIDSREG     VERSLAE     KONTAK ONS

TEKEN IN

Ons nuusbrief is maandeliks.
TEKEN IN

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!