Nuus > In die media > AfriSake kondig gespreksreeks oor transformasiedruk aan

Die sakeorganisasie AfriSake bied eersdaags ’n reeks gesprekke aan oor wat sakelui te doen staan in die lig van toenemende druk om te transformeer. Die eerste van dié gesprekke vind op 24 Oktober 2017 in Pretoria plaas.“Een van die grootste enkele bedreigings vir voorspoed in Suid-Afrika is die toenemende vereistes wat aan ondernemings gestel word om te ‘transformeer’. Wat tans gebeur, is dat elke aspek van kommersiële bedrywighede – insluitend eiendomsreg, kontrakteervryheid, kliëntediens, indiensneming, oornames en samesmeltings, lisensiëring, verskaffingsooreenkomste en selfs welwillendheid en donasies – aan rasvereistes eerder as goeie sakebeginsels onderwerp word. Selfs familieondernemings en eenmansake ontsnap nie dié druk nie. Dit het die moontlikheid om tot ’n ekonomiese katastrofe te lei,” sê Piet le Roux, uitvoerende hoof van AfriSake.

AfriSake wil ’n sakegemeenskap fasiliteer wat voorspoedig en teen skadelike staatsingrepe bestand is. “Ons wortels is Afrikaans en ons tree onbeskaamd vanuit daardie basis vir die sakebelange van sowel ons Afrikaanse as anderstalige lede in, tot voordeel van ons lede én die groter samelewing,” sluit Le Roux af.

Bywoning geskied op uitnodiging en beperkte plek is beskikbaar, maar belangstellendes kan by diens@afrisake.co.zanavraag doen. Meer besonderhede vir die eerste gesprek op 24 Oktober 2017, asook verdere gesprekke sal later bekend gemaak word.

TUIS     NUUS     INISIATIEWE     ARBEIDSREG     VERSLAE     KONTAK ONS

TEKEN IN

Ons nuusbrief is maandeliks.
TEKEN IN

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!