Nuus > In diepte > AfriSake lewer kommentaar op nuwe BBSEB-kodes vir die landboubedryf

AfriSake is trots om aan te kondig dat die organisasie namens sy lede en ander belanghebbendes in die landboubedryf op die konsep-AgriBEE-sektorkodes kommentaar gelewer het. Die konsepsektorkodes is op 20 November 2015 deur dr. Rob Davies, die minister vir handel en nywerheid, in die staatskoerant gepubliseer.

In ’n neutedop sal die nuwe kodes strenger reëls op ondernemings in die landboubedryf plaas en dit moeiliker maak om aanvaarbare BBSEB-tellings te behaal. Die kwessie van aandeel- en grondeienaarskap het weer eens aan die orde gekom.

“AfriSake het drie hoofkwessies uitgewys. Eerstens, die strenger telkaarte wat dit moeiliker maak vir ondernemings om hul BBSEB-tellings te bereik; tweedens, die kwessie van aandeel- en grondeienaarskap; en derdens, die skep van swak beleggingsmoontlikhede in Suid-Afrika indien dié reëls geïmplementeer sou word. Die land kan eenvoudig nie bekostig om meer beleggers af te skrik nie, veral nie in die lig van die huidige ekonomiese probleme waarmee die land gekonfronteer word nie,” het Armand Greyling, AfriSake se wet- en beleidsanalis, gesê.

Volgens Greyling wil dit voorkom asof die regering die Suid-Afrikaanse ekonomiese probleme ter wille van transformasie ignoreer. Die regering behoort eerder op die skep van ’n stabiele beleggingsomgewing vir sowel plaaslike as buitelandse beleggers te fokus. Die nuwe kodes sal die ekonomiese probleme slegs vererger.

AfriSake sal voortgaan om enige wetgewing dop te hou wat ’n invloed op korporatiewe Suid-Afrika mag hê, en poog om waar moontlik kommentaar te lewer om die regte van alle Suid-Afrikaners in die korporatiewe bedryf te beskerm.

TUIS     NUUS     INISIATIEWE     ARBEIDSREG     VERSLAE     KONTAK ONS

TEKEN IN

Ons nuusbrief is maandeliks.
TEKEN IN

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!