Nuus > In die media > AfriSake versoek inligting oor ooreenkoms tussen SAP Systems en Eskom

Die sakeregtewaghond AfriSake het twee aansoeke ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA), wetno. 2 van 2000, gebring wat sowel Eskom as SAP Systems versoek om inligting rakende ooreenkomste vir die verskaffing van sagteware en dienste aan Eskom bekend te maak. Dít sal die organisasie in staat stel om meer duidelikheid oor onreëlmatige uitgawes by Eskom te bekom.

Die inligting wat versoek word is spesifiek op die aanstelling van Brian Molefe as Eskom se hoof uitvoerende beampte en die uitspattige bonusse wat aan Eskom-werknemers toegeken is, gemik. ’n Volledige beskrywing van dienste en/of bestuursagteware wat deur SAP Systems aan Eskom verskaf word, asook die diensvlakooreenkoms tussen Eskom en Mckinsey & Company South Africa is ook aangevra.

“Dit is duidelik dat Eskom verskeie vrae het om te beantwoord, en ons is van plan om hierdie antwoorde te bekom ten einde deursigtigheid en verantwoordbaarheid te verseker. Indien Eskom voortgaan met sy aansoek om elektrisiteitstariewe met ’n astronomiese 19,9% te verhoog, sal AfriSake kapsie maak, aangesien verbruikers en besighede die las sal moet dra,” sê Charles Castle, bestuurder van AfriSake se arbeidsregadvieseenheid.

Vroeër vanjaar het AfriSake ’n soortgelyke aansoek gebring om dokumente te bekom rakende Eskom se finansiering en fasilitering van die berugte Gupta-familie se aankoop van die Optimum-steenkoolmyn by Glencore. Eskom, wat derdepartyvertroulikheid beweer, het egter nie hierdie inligting verskaf nie. Die eersgemelde PAIA-aansoeke gaan nou gelyktydig met die laasgemelde loop. “Sou Eskom aanhou om te weier om die inligting wat versoek word te verskaf, sal ons geen ander opsie hê as om die hof te nader nie,” sê Castle verder.

“Oor die afgelope paar maande het ons gesien hoe die een omstredenheid ná die ander by Eskom onthul word. Sy aanvanklike ontkenning en daaropvolgende erkenning van aantygings van korrupsie laat talle rooi ligte flikker. Dit is onregverdig dat Eskom toegelaat word om op hierdie immorele pad voort te gaan, terwyl daar van die verbruiker verwag word om by wyse van tariefverhogings daarvoor te betaal,” sê Armand Greyling, regs- en beleidsanalis by AfriSake.

TUIS     NUUS     INISIATIEWE     ARBEIDSREG     VERSLAE     KONTAK ONS

TEKEN IN

Ons nuusbrief is maandeliks.
TEKEN IN

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!