Nuus > In die media > AfriSake: Wit grondeienaars het ook regte

Die sakeregtewaghond AfriSake gaan die Konstitusionele Hof nader as die Wetsontwerp op die Regulering van Landbougrondbesit deur die parlement goedgekeur sou word. In sy huidige formaat sal dié wetsontwerp nie ’n grondwettoets deurstaan nie.

Die wetsontwerp sal nie net ekonomiese chaos in Suid-Afrika tot gevolg het nie, maar ook die land se voedselsekuriteit in gedrang plaas. Dit sal die eiendomsreg van alle grondeienaars – ongeag ras of etnisiteit – beïnvloed in terme van die plafonkategorieë wat die Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming (tans Gugile Nkwinti) mag vasstel.

Die wetsontwerp is verder so vaag en oop vir interpretasie dat dit die deur vir growwe ongeregtighede wyd ooplaat. Dit is veral kommerwekkend in die lig van die ANC se mees onlangse voluitaanval op landbougrondeienaars (eintlik alle eiendomseienaars) deur voor te stel dat belaglike grondhervormingsbeleide en -wetsontwerpe geïmplementeer moet word.

“Politici se mees onlangse uitlatings in dié verband is so kommerwekkend dat die nou duidelik is dat daar geen dispuut meer bestaan oor die kwessie van onteiening nie. Die regering gáán onteien; dit is slegs ’n kwessie van wannéér en of dit met of sonder vergoeding gaan gebeur. As mens dié uitlatings en die huidige toename in grondgrype in ag neem, is dit duidelik dat die regte van grondeienaars vertrap word bloot op grond van hul velkleur,” sê Charles Castle, bestuurder by AfriSake.

Vier stappe word voorgestel om te verseker dat grondeienaars oor ’n meer standvastige reg op privaat eiendom beskik:

  1. Wees vertroud met voorgestelde wetgewing, beleide en wysigings aan wetgewing, en maak seker dat jy kommentaar lewer waar en wanneer nodig. Neem deel aan die demokratiese prosesse van die Republiek van Suid-Afrika.
  2. Diversifiseer jou ware regte oor jou eiendom binne die grense van bestaande wetgewing. Win regs- en finansiële raad in dié opsig in.
  3. Word deel van jou plaaslike gemeenskapstrukture en organisasies soos AfriSake of soortgelyke organisasies. ’n Gesamentlike, verenigde front is veel sterker as individuele pogings.
  4. Ondersteun en neem deel aan aksies wat gedryf word deur organisasies wat die grondwetlikheid van onregverdige en diskriminerende wetsontwerpe soos die onderhawige toets.

AfriBusiness spoor die publiek aan om kommentaar aan die minister by ralhbill@drdlr.gov.za of sello.ramasala@drdlr.gov.za te stuur, of kommentaar per hand by Jeff Masemolastraat 184 in Pretoria af te lewer.  Die organisasie spoor die publiek ook aan om kommentaar aan die minister te teken en in te dien omdat die openbaredeelnameproses op 16 April 2017 sluit. Vir gerief het AfriSake ’n brief voorberei waarby die publiek bloot hul name kan voeg en aan die minister kan stuur. Dié brief en die bygaande kommentaar is op AfriSake se webtuiste by www.afrisake.co.za beskikbaar of volg die direkte skakel.

#StopNkwinti deur ’n SMS met “Land” aan 32277 te stuur om ons in die geveg teen onwettige onteiening van land te help. Elke SMS kos R1.

TUIS     NUUS     INISIATIEWE     ARBEIDSREG     VERSLAE     KONTAK ONS

TEKEN IN

Ons nuusbrief is maandeliks.
TEKEN IN

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!