Nuus > In diepte > ANC se onteieningswet sal Suid-Afrika vernietig

Vandag, presies 26 jaar ná die vrylating van Nelson Mandela, staar landsburgers die grootste enkele bedreiging vir hul mense- en ekonomiese regte in die gesig. Dít was die reaksie van Cornelius Jansen van Rensburg, uitvoerende hoof AfriSake, nadat die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare werke die nuwe onteieningswet aanvaar het.

Indien die onteieningswet deur die parlement goedgekeur word, sal AfriSake die grondwetlikheid van die wet toets. Volgens Jansen van Rensburg gaan dié wet katastrofiese gevolge vir die land se ekonomie inhou: “Dit vernietig die belangrikste beginsel van ’n demokratiese staat, naamlik eiendomsreg.”

Beleggingsrisiko gaan aansienlik verhoog namate eienomsregsekerheid vernietig word; die rand sal verder tuimel en Suid-Afrika se kredietgradering sal spoedig rommelstatus behaal. Die armes gaan die meeste hieronder ly. Gemeet aan die regering se uitsprake tydens die onlangse Wêreld Ekonomiese Forum se konferensie in Davos, Switserland, is dit duidelik dat die Zuma-regering geen kredietwaardigheid geniet nie.

“Restitusie, herverdeling en ongelykheid het niks met die oogmerke van die nuwe onteieningswet te doen nie. Dit is bloot ’n poging van die ANC om groter beheer oor individue en gemeenskappe te vestig, en kan met die mag van Middeleeuse feodale heersers vergelyk word,” meen Van Rensburg.

Benewens die feit dat alle vorme van eiendom nou deur die staat vir nasionalisering geteiken kan word, beoog die wet ook om onteieningsmag na plaaslike regerings af te wentel. Sou die staat hierdie mag oor landsburgers se eiendom bekom, sal menseregte volgende in die regering se visier wees.

TUIS     NUUS     INISIATIEWE     ARBEIDSREG     VERSLAE     KONTAK ONS

TEKEN IN

Ons nuusbrief is maandeliks.
TEKEN IN

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!