Nuus > In die media > Begroting 2017: Die rykes en werkskeppers moet die las dra – AfriSake

Die 2017-begrotingsrede het in die meeste opsigte nie groot veranderinge teweeg gebring in die Suid-Afrikaanse belastinglandskap nie, veral met BTW wat onveranderd bly nadat daar wyd bespiegel is dat dit verhoog kon word om die Tesourie se inkomstetekort van R28 miljard aan te vul. Iets wat egter nadelige gevolge op die lange duur kan hê, is die bekendstelling van die nuwe “superbelasting” vir individue wat meer as R1,5 miljoen per jaar verdien, wat belas sal word teen 45% van elke rand bo daardie bedrag.

Die kommer bestaan dat die grootste werkskeppers, wat die meeste mense in diens het en wat verantwoordelik is vir die meeste werkskepping in Suid-Afrika, na ander alternatiewe sal soek eerder as om sake in Suid-Afrika te doen. Dit kan daartoe lei dat plaaslike en buitelandse beleggers wat in Suid-Afrika woon, hulle kapitaal sal onttrek en dit elders sal belê, of dat hulle geheel en al na lande met minder nadelige belastingimplikasies sal verskuif. Met ander woorde, die grootste bydraers tot kapitaalvloei in die land sal daardie kapitaal uit die land neem om elders sake te doen en werk te skep.

Soos verwag, is die sogenaamde “sondebelasting” op tabak- en alkoholprodukte verhoog, asook die brandstofheffing en die bydrae tot die Padongelukkefonds. Die veelbesproke suikerbelasting sal ook vanjaar ingestel word, hoewel dit heelwat later sal wees as die verwagte datum van 1 April 2017 wat in verlede jaar se begrotingsrede aangekondig is. Bydraes tot belastingvrye rekeninge is verhoog tot R33 000 per jaar, om burgers in staat te stel om meer te spaar, maar die toename in die onderskeie belastings sal hierdie verhoging van min of geen voordeel maak vir die lae- en middelkategorie-belastingpligtiges, wanneer al die verhogings in ag geneem word.

“Dit was beslis nie die mees inspirerende begrotingsrede waarmee Suid-Afrikaners nog gekonfronteer is nie, maar gegewe ons swak ekonomiese groei, en die geweldige hoë werkloosheidsyfer in Suid-Afrika, kon ons nie veel verwag nie. Suid-Afrika moet aantreklik lyk vir die wêreld. Ons wil hê dat hoë-inkomsteverdieners hulle geld in die mense van Suid-Afrika moet belê – maar in plaas daarvan word hulle nou gedwing om dit te belê in die staat,” sê Armand Greyling, regs- en beleidsontleder by AfriSake.

TUIS     NUUS     INISIATIEWE     ARBEIDSREG     VERSLAE     KONTAK ONS

TEKEN IN

Ons nuusbrief is maandeliks.
TEKEN IN

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!