Nuus > In diepte > Begrotingsrede 2016: wat jy kan verwag

Die sakeregte-waghond AfriSake is van mening dat Suid-Afrika tans een van die uitdagendste tydperke sedert die draai van die millennium in die gesig staar met inagneming van die begrotingsrede wat Pravin Gordhan, minister van finansies, eersdaags gaan lewer.

Stefan Pieterse, AfriSake se nasionale woordvoerder, voorspel dat staatskuld, onbekwame staatslui, sosiale oorspandering asook swak politieke en ekonomiese beleide geensins ingeperk gaan word nie, maar eerder gaan toeneem en uitbrei, veral met die oog op die komende munisipale verkiesings en gepaardgaande verkiesingsbeloftes. Nasionalisering sal ook opnuut as oplossing vir die land se finansiële verknorsing voorgehou word.

Volgens Pieterse het die regering ernstige finansiële probleme. “Terwyl die regering nuwe projekte soos die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) wil implementeer – ʼn projek wat belastingbetalers nagenoeg R256 miljard per jaar uit die sak gaan jaag – voer hulle self aan dat die ekonomie teen 3,5% per jaar moet groei ten einde dit te implementeer,” het Pieterse gesê.

In hierdie stadium is die regering dus sy eie grootste vyand weens groeiende staatskuld sowel as die implementering van vernietigende beleide en wetgewing, soos byvoorbeeld die onlangse wetsontwerp op onteiening, wat buitelandse beleggers en maatskappye landuit jaag.

“President Zuma voer aan dat Suid-Afrika oop is vir besigheid, maar die feite vertel egter ʼn ander storie,” het Pieterse afgesluit

TUIS     NUUS     INISIATIEWE     ARBEIDSREG     VERSLAE     KONTAK ONS

TEKEN IN

Ons nuusbrief is maandeliks.
TEKEN IN

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!