Nuus > In diepte > Belastingbetalers sal na verwagting NGV finansier

Belastingbetalers in Suid-Afrika staar die nare vooruitsig in die gesig om binnekort minstens drie tipes belasting vir mediese dienste op te dok. Dit volg nadat die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, die ANC se lankbeloofde Witskrif oor die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) in Desember 2015 in die Staatskoerant gepubliseer het.

Die NGV is ʼn voorgestelde gesondheidsversekeringsisteem wat ontwerp is om toegang tot gesondheidsdienste aan almal te bied teen ʼn geraamde koste van R256 miljard, die totale bedrag op die onkoste van belastingbetalers.

Hieronder is die regering se voorstel oor maniere hoe die NGV gefinansier kan word:

Bron van Inkomste Definisie Voorbeelde
Direkte Belasting Belasting opgelê op individue of entiteite in verhouding tot hul inkomste, verdienste of rykdom. Persoonlike of korporatiewe inkomstebelasting, toeslag op inkomste, erfenisbelasting.
Indirekte Belasting Belasting gehef op transaksies vir goedere en dienste, ongeag omstandighede van koper of verkoper. Belasting op toegevoegde waarde, nasionale heffing op gesondheidsversekering, finansiële transaksies, brandstofheffing, belasting op alkohol en tabak.
Betaalstaatbelasting (Payroll) Belasting bereken op die betaalstaat, vir óf die werkgewer óf werknemer se bydraes, of beide. Bydrae tot Nasionale Gesondheidsversekering, wat afgetrek word van ‘n persoon se salaris.
Premies Invordering van premies of lidmaatskapbydraes van werknemer of informele sektor. Ghana se Nasionale Gesondheidsversekering vir werkers in die informele sektor.

“Die NGV is ʼn wonderlike idee ten koste van reeds oorbelaste belastingbetalers. Die probleem wat ons in die gesig staar, is nie met die NGV nie, maar die diep donker gat waarin miljarde elke jaar sal verdwyn. Ons het dit gesien met Post Net, Petro SA en meer onlangs SAL,” het Armand Greyling, Regs- en Beleidsanalis verbonde aan AfriSake, gesê.

“Die staat is ʼn baie goeie belastingman, maar ʼn baie slegte besigheidsman,” het Greyling bygevoeg.

AfriSake sal voortgaan om ʼn waaksame oog op die ontwikkeling van die NGV en die finansieringsmodel daarvan te hou, en sal teenkanting bied en kommentaar lewer op enige voorgestelde wetgewing wat deur die regering in hierdie opsig geproklameer word ten einde die belange van alle Suid-Afrikaners te beskerm.

TUIS     NUUS     INISIATIEWE     ARBEIDSREG     VERSLAE     KONTAK ONS

TEKEN IN

Ons nuusbrief is maandeliks.
TEKEN IN

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!