Nuus > In die media > Bewyse om grondeis te weerlê is vermis: AfriSake verlang meer inligting

Die sakeregtewaghond AfriSake het bewyse ontvang wat daarop dui dat sekere historiese rekords wat kan help om die grondeis van die Bakwena Ba Mare a Phogole-stam (Suid-Gautengse Grondeis) te weerlê, vermis is.

Hierdie rekords is van uiterste belang wanneer die geldigheid van ’n eis in ag geneem word, waarvan die belangrikheid in artikel 30(2)(b) van die Wet op die Herstel van Grondregte (wetno. 22 van 1994) vervat is. AfriSake het by die tersaaklike regeringsliggame ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (wetno. 2 van 2000) (PAIA) aansoek gedoen om die ligging van hierdie rekords vas te stel.

Die Wet op die  (wetno. 43 van 1996) meld duidelik dat die behoud en bewaring van sulke rekords op die nasionale argiefbewaarder berus soos deur die openbare dienskommissie (ODK) aangestel. Indien dit aan die lig kom dat die betrokke rekords onbereikbaar is weens verlies en/of skade daaraan, kan strafregtelike stappe later volg. Die toepaslikheid van hierdie rekords is so betekenisvol dat dit die uitspraak van alle huidige en toekomstige grondeise in Suid-Afrika kan beïnvloed.

“Die behoud van die gedokumenteerde geskiedenis van al die mense van Suid-Afrika is van uiterste belang omdat dit ’n massiewe uitwerking op die geldigheid en finale goedkeuring van grondeise deur óf die grondeisekommissie, óf die grondeishof kan hê. Versuim deur die bewaarders van ons nasionale geskiedenis om hierdie rekords te verskaf, sal tot regsaksie teen die tersaaklike staatsdepartemente lei,” sê Armand Greyling, regs- en beleidsanalis verbonde aan AfriSake.

TUIS     NUUS     INISIATIEWE     ARBEIDSREG     VERSLAE     KONTAK ONS

TEKEN IN

Ons nuusbrief is maandeliks.
TEKEN IN

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!