Nuus > In die media > Brits-grondgrype: AfriSake verkry finale hofbevel teen grondbesetters

AfriSake het ’n finale hofbevel bekom om onwettige grondgrypers naby die Hoërskool Wagpos in die Brits-omgewing in hul spore te stuit. 

AfriSake het reeds verskeie kere in die hof oor dié grondgrype verskyn, maar daar is elke keer slegs ’n tussentydse hofbevel aan die sakeregtewaghond toegestaan. Die bevel is nou finaal gemaak nadat die regsverteenwoordigers van betrokke besetters hul verdediging teen AfriSake se saak onttrek het.

“Dit is die derde finale hofbevel van sy soort wat aan AfriSake toegestaan is en is ’n groot oorwinning vir die organisasie. Ons het ook finale hofbevele teen besetters in gebiede van Mooinooi en Bronkhorstspruit verkry. Grondgrype is onwettig en grondeienaars het die reg om hul eiendom te beskerm. Dit is nou wéér deur die hof beaam”, sê Armand Greyling, regs- en beleidsanalis by AfriSake.

Greyling sê verder dat grondeienaars hulself van hul regte moet vergewis en spoedig moet optree wanneer hul grond onwettig beset word. Grondeienaars moet onmiddellik ’n saak van betreding by die polisie aanhangig maak en die polisie ontbied. Indien die polisie misluk of weier om op te tree, kan ’n dringende hofbevel bekom word. Grondeienaars word versoek om sake vir advies en hulp by AfriSake aan te meld. Die organisasie sal besluit om in te gryp op grond van die meriete van elke saak.

TUIS     NUUS     INISIATIEWE     ARBEIDSREG     VERSLAE     KONTAK ONS

TEKEN IN

Ons nuusbrief is maandeliks.
TEKEN IN

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!