Nuus > In die media > Die 12 redes waarom AfriSake nie met die wetsontwerp oor die regulering van landbougrondbesit saamstem nie:

1.Die wetsontwerp is ongrondwetlik deurdat dit inbreuk maak op alle burgers se grondwetlike regte, veral artikel 3 (burgerskap), artikel 9 (gelykheid op grond van geslag, seks, etnisiteit), artikel 10 (menswaardigheid) en artikel 21 (vryheid van beweging en woning).

2. Die beginsels van gewillige verkoper/gewillige koper, soos in terme van enige normale eiendomstransaksie, word nou ingeperk deurdat landbougrond, ongeag of daar ‘n eis ingestel word in terme van die onteieningswet, nou onderhewig is aan diskriminerende bepalings in terme van ras en etnisiteit.

3.‘n Eienaar in besit van landbougrond moet in terme van die wetsontwerp ‘n kennisgewing invul en vele diskriminerende vrae aangaande kleur, ras, geslag, die eienaar se nasionaliteit, asook die grootte van die landbougrond en enige regte daarop geregistreer, voltooi. Die bepaling oor ras en geslag is egter nie van toepassing op buitelanders nie.

4.Die reg op eerste koop moet, indien jou grond as herverdelingsgrond geoormerk word, eers aan ‘n swart persoon aangebied word en daarna aan die minister van grondhervorming. Indien geen swart persoon die grond opkoop nie en die minister en verkoper onder dwang nie oor ‘n prys kan ooreenstem nie, mag die minister jou grond onteien in terme van die bestaande wetgewing, deur ‘n hof te nader.

5. Die omskrywing van buitelanders en/of ‘n buitelandse persoon is vaag en verwarrend omdat ‘n persoon wat nie gewoonlik woonagtig in Suid-Afrika is nie, ook as ‘n buitelander geag word en daar is geen uitsluiting vir burgers wat gewoonlik in die buiteland woonagtig is nie.

6. Die stig van ‘n nuwe staatsinstelling/kommissie met ‘n begroting van R21,3 miljoen, buiten die gelde wat spandeer sal moet word vir die verkryging en verspreiding van landbougrond.

7. Die minister mag in terme van die wetsontwerp magte delegeer na ander om regulasies uit te vaardig. Hierdie optrede sal ultra vires wees.

8. Geen titelakte sal uitgereik word indien die prosesse soos in die wetsontwerp uiteengesit word, nie nagekom is nie.

9. Vanaf die inwerkingtreding van die wetsontwerp sal geen buitelander grond in Suid-Afrika mag besit nie, behalwe as ‘n swart persoon soos omskryf in die Gelyke Indiensnemingwet (No.  55 van 1998) die beherende belang in die landbougrond besit.

10. Die Minister het vrye teuels om landbouplafonne en -kategorieë te bepaal wat grond as herverdelingslandbougrond kan klassifiseer wat daartoe sal lei dat enige bepalings en/of regulasies uitgevaardig wesenlik ‘n eienaar se regte kan inperk.

11. Die Kommissie se aanspreeklikheid is beperk en die Minister hoef slegs een keer enige bepaling en/of regulasie wat uitgereik is vir kommentaar te publiseer en kan dit daarna vrylik wysig sonder om verdere publieke deelnameprosesse te volg.

12. Indien ‘n landbougrondeienaar nie aan die voorskrifte van die Wet voldoen nie, sal hy of sy tronkstraf van drie maande opgelê word of met ‘n boete gedien kan word.

Kom ons maak mekaar se hande sterk. Kliek op die skakel om kommentaar aan die departement te stuur sodat die wetsontwerp ongrondwetlik verklaar kan word.

TUIS     NUUS     INISIATIEWE     ARBEIDSREG     VERSLAE     KONTAK ONS

TEKEN IN

Ons nuusbrief is maandeliks.
TEKEN IN

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!