Nuus > In die media > Eskom kan verhoging van tot 17% in 2016 eis – AfriSake

Eskom vry na ’n moontlike elektrisiteittariefverhoging van tot soveel as 17% in 2016 – ’n moontlike besluit wat Suid Afrikaners laat rooi sien.

Dít volg nadat Eskom in November 2015 hul aansoek om R38 miljard te verhaal (wat hulle op 31 Maart 2015 ingedien het), onttrek het en in ’n vreemde stap ’n nuwe aansoek ingedien het – sonder om voldoende rede daarvoor te gee óf die voorgeskrewe proses te volg.

Die proses behels kortliks dat Eskom kwartaalliks aan die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (NERSA) ’n verslag oor hul finansiële sake moet indien wat oor ’n jaar strek. Dié kwartaallikse verslae word dan gebruik om moontlike prysverhogings meer akkuraat te voorspel en vroegtydig aan verbruikers deur te gee.

“Eskom het in 2015 vir ’n 25%-verhoging in elektrisiteittariewe versoek, maar NERSA het dit afgekeur nadat die publiek, korporatiewe Suid-Afrika en ander organisasies teen die voorgestelde verhoging beswaar aangeteken het. Dit is die mag wat ons het as ons saamstaan,” het Stefan Pieterse, AfriSake se nasionale woordvoerder, gesê.

Lede van die publiek en privaat sektor het ’n baie belangrike stem, en moet voor Woensdag 13 Januarie 2016 om 16:30 skriftelike versoeke by NERSA indien om die openbare verhore van Eskom se aansoek by te woon of om kommentaar daarop te lewer.

Toestemming kan skriftelik verkry word deur ’n versoek te rig aan me. Triselda Mogoai by publichearings@nersa.org.za.

Die openbare verhore van Eskom se aansoek word op 4 en 5 Februarie 2016 tussen 8:30 en 17:00 by die Gallagher Konferensiesentrum in Richardsweg, Midrand gehou.

Daar vind ook ander openbare verhore buite Gauteng plaas en die openbare en privaat sektor word aangemoedig om die volledige rooster aan te vra deur me Mogoai by 012 401 4715 te skakel. Die volledige rooster is ook by AfriSake beskikbaar.

TUIS     NUUS     INISIATIEWE     ARBEIDSREG     VERSLAE     KONTAK ONS

TEKEN IN

Ons nuusbrief is maandeliks.
TEKEN IN

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!