Nuus > In die media > Eskom weier om inligting rakende Tegeta-boete te verskaf

AfriSake het ’n aansoek in terme van die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting (wetno. 2 van 2000) gebring wat Eskom versoek om inligting te verskaf oor die hoogs kontroversiële boete van R2 miljard wat teen Tegeta se Optimum steenkoolmyn opgelê is. Eskom het die sakeregte-waghond vandag in kennis gestel dat hulle weier om hierdie inligting bekend te maak.

Die Optimum steenkoolmyn is deur Tegeta Exploration & Resources (wat gedeeltelik deur die omstrede Gupta-familie besit word) gekoop, waarna ’n onverklaarde skikkingsbedrag deur Tegeta aan Eskom betaal is.

AfriSake het die volgende inligting van Eskom versoek:

  • ’n Bewys van betaling van Tegeta aan Eskom rakende die R2 miljard boete;
  • ’n Afskrif van die boete aan Optimum (oorspronklik opgelê aan Glencore, die vorige eienaar van die myn);
  • Die arbitrasie-ooreenkoms en/of -toekenning wat die arbiter tussen Eskom en Optimum gemaak het.

“AfriSake het 60 dae uitstel aan Eskom gegee om dié inligting te verskaf, maar hulle het versuim om dit te doen. Dit is onaanvaarbaar dat staatsbeheerde maatskappye tans op só manier bestuur word. As Eskom niks het om weg te steek nie, hoekom sal hulle nie bewyse verskaf van die boete wat aan Optimum opgelê is nie,” sê Charles Castle, bestuurder van die arbeidsregadvieseenheid by AfriSake.

AfriSake sal met sy regspan konsulteer om die pad vorentoe te bepaal. ’n Publieke entiteit, veral die kragreus wat ’n monopolie op kragverskaffing in Suid-Afrika het, behoort deursigtig en met goeie besigheidsbeginsels bedryf te word. In die geval van enige ongerymdhede, moet die betrokke partye verantwoordbaar gehou word.

Die publiek kan AfriSake hierin ondersteun deur ’n SMS met die woord “ESKOM” na 42310 te stuur.

TUIS     NUUS     INISIATIEWE     ARBEIDSREG     VERSLAE     KONTAK ONS

TEKEN IN

Ons nuusbrief is maandeliks.
TEKEN IN

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!