Nuus > In die media > Grondgrype: Dis nie net van vat nie

Die sakeregtewaghond, AfriSake, waarsku dat grond nie bloot gevat kan word nie, terwyl alle aanduidings daarop dui dat daar in 2017 ’n toename in beide grondgrype en -onteienings in Suid-Afrika gaan wees.

Dit volg nadat President Jacob Zuma tydens die onlangse viering van die ANC se 105de bestaansjaar aan duisende ondersteuners belowe het dat 2017 die jaar sal wees waarin die onteieningswet ingespan gaan word om grondhervorming en -herverdeling met groter spoed en dringendheid te laat plaasvind.

Ook die EFF moedig gereeld sy ondersteuners aan om grond te beset, ongeag die bepalings van landswette en selfs die Grondwet. Julius Malema het in 2016 in die hof verskyn oor uitlatings wat geweld aanhits, desnieteenstaande het hy direk ná die hofverrigtinge buite die hof voortgegaan met soortgelyke uitlatings.

AfriSake het daarom, na aanleiding van sy dreigemente en aanhitsing tot geweld en betreding, ’n siviele aansoek om ’n interdik teen Julius Malema en die EFF ingedien. Die aansoek word op 7 Maart 2017 in die Noord-Gautengse hoë hof aangehoor.

“Artikel 25 van die Grondwet van die republiek van Suid-Afrika, 1996 stel die verbod op arbitrêre onteiening baie duidelik. Vergoeding is verpligtend in terme van artikel 25(2)(b) en in die geval van dispute oor die vergoedingsbedrag berus die finale besluit by die howe,” het Pieterse gesê.

AfriSake het in 2016 verskeie grondeienaars gehelp om onwettige grondgrypers met behulp van regsprosesse en die Rooimiere te verwyder.

“Ons sal voortgaan om ons lede se regte te beskerm en sal nie skroom om die hof te nader om te sorg dat dit gebeur nie,” sluit Pieterse af.

TUIS     NUUS     INISIATIEWE     ARBEIDSREG     VERSLAE     KONTAK ONS

TEKEN IN

Ons nuusbrief is maandeliks.
TEKEN IN

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!