Nuus > In die media > Grondwet ongeskonde wat eiendomsreg betref – AfriSake verwelkom uitslag

Privaat eiendomseienaars kan ’n sug van verligting slaak ná gister se parlementsitting waartydens die EFF se poging onsuksesvol was om ’n mosie te laat slaag wat artikel 25 van die Grondwet (die eiendomsklousule) sou verander het.   

Die doel van die voorgestelde verandering is om die bepaling te verwyder wat vergoeding ’n verpligte voorvereiste maak wanneer eiendom vir die doel van grondhervorming onteien word. Die oorgrote meerderheid (261 lede) van die parlement het teen die mosie gestem, teenoor 33 wat ten gunste daarvan gestem het.

“AfriSake verwelkom die uitslag omdat beskermde eiendomseienaarskap een van die hoekstene is waarop ’n suksesvolle ekonomie rus. Die Grondwet is nie die probleem in terme van grondhervorming nie, maar eerder die regering se burokratiese stelsel en onvermoë om legitieme grondhervormingswetgewing na behore te implementeer,” sê Armand Greyling, regs- en beleidsanalis by AfriSake.

“Vergoeding is ’n noodsaaklike deel van die grondhervormingsproses en grondeienaars – wat groot bedrae geld betaal het om hul onderskeie eiendomme te bekom – kan nie nou benadeel word deur nóg ’n opbrengs op hul belegging, nóg hul kapitaalbedrag te ontvang nie,” sluit Greyling af.

TUIS     NUUS     INISIATIEWE     ARBEIDSREG     VERSLAE     KONTAK ONS

TEKEN IN

Ons nuusbrief is maandeliks.
TEKEN IN

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!