Nuus > In die media > Konstitusionele Hof se besluit verskuif verantwoordelikheid na die speaker

Die sakeregtewaghond AfriSake verwelkom die Konstitusionele Hof se besluit dat die speaker van die parlement die mag het om vergunning te maak vir ’n geheime stemming oor ’n mosie van wantroue in president Jacob Zuma.

Die uitspraak is egter slegs ligtelik doeltreffend aangesien dit bloot die verantwoordelikheid van die besluit vir ’n geheime stemming verskuif na Baleka Mbete, speaker van die Parlement, wat welbekend is vir haar guns teenoor Zuma. Dit sal dus beteken dat, al het sy die mag om te besluit oor ’n geheime stemming, die kanse dat sy ten gunste daarvan sal besluit amper nul is.

“Lede van die Parlement moet die geleentheid gegun word om die mense van Suid-Afrika te verteenwoordig sonder vrees, begunstiging of vooroordeel. Alhoewel die uitspraak die grondslag skep vir hierdie om moontlik te wees, is die kanse hoogs onwaarskynlik dat dit in die praktyk geïmplementeer gaan word onder die huidige regime. Die enigste manier vir lede van die Parlement om te stem volgens hul gewete en sonder onredelike invloed of intimidasie van binne hul eie range, sal wees deur ’n geheime stemming,” sê Armand Greyling, regs- en beleidsanalis vir AfriSake.

Die bevel sluit ook in dat die speaker ’n “vars besluit” moet maak oor die kwessie van ’n geheime stemming en ’n mosie van wantroue in die president. Verder het die hof ook beveel dat die president en die speaker die koste van die UDM, DA en EFF vir die verrigtinge moet betaal.

TUIS     NUUS     INISIATIEWE     ARBEIDSREG     VERSLAE     KONTAK ONS

TEKEN IN

Ons nuusbrief is maandeliks.
TEKEN IN

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!