Nuus > In die media > Nasionalisering: Mynbouhandves sal myne, werksgeleenthede vernietig

AfriSake waarsku Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne, teen die inwerkingtreding van die mynbouhandves wat onlangs gepubliseer is. Die sakeregtewaghond ondersteun die Kamer van Mynwese se standpunt om dié handves voor die hof te daag, maar waarsku dat, sou dié hofgeding nie slaag nie en die minister sou voortgaan om die handves in werking te stel, Zwane volle verantwoordelikheid sal moet neem vir die uittog van buitelandse en binnelandse beleggings in die mynbedryf.

“As beleggers die inwerkingstelling van die handves se doelwitte as nadelig vir standvastige en winsgewende beleggings beskou, kan niemand hulle kwalik neem as hulle hul kapitaal elders neem nie. Die onafwendbare uitkoms sal wees dat myne óf enorme afdankings sal toepas – wat tot werksverlies sal lei – óf in ernstige gevalle selfs sal sluit,” sê Armand Greyling, regs- en beleidsanalis by AfriSake.

Die handves poog om SEB-eienaarskap van 26% tot 30% te verhoog, en verwag van mynreghouers om ’n minimum van 1% van hul jaarlikse omset aan ’n swart aandeelhouer te betaal. Dit sal in werklikheid beteken dat SEB-eienaarskap geen risiko’s in terme van hul aandele-eienaarskap hoef te neem nie. Die myn en ander aandelehouers sal alle finansiële gevolge self moet trotseer en terselfdertyd aan die handves moet voldoen. Prospekteerregte sal ook slegs aan entiteite toegestaan word wat 51% swart eienaarskap het, wat in praktyk voorgenome mynbou-operateurs sal dwing om eienaarskap van ’n maatskappy oor te gee voordat enige mynbou kan plaasvind.

Moneyweb het onlangs berig dat die aankondiging van die nuwe mynbouhandves veroorsaak het dat hulpbronaandele getuimel het en ’n geraamde R50 miljard van die markkapitalisasie van JSE-gelyste mynboumaatskappye uitgewis is.

“Ons glo dat die handves nie net vir die aandelebeurs nadelig sal wees nie, maar ook vir werksekuriteit in dié sektor. Vakbonde moenie hul woede op myne en hul besture uithaal as werksverlies plaasvind nie, maar eerder op die minister omdat hy sulke diskriminerende en drakoniese beleide afdwing,” sê Charles Castle, bestuurder van AfriSake se arbeidsregadvieseenheid.

TUIS     NUUS     INISIATIEWE     ARBEIDSREG     VERSLAE     KONTAK ONS

TEKEN IN

Ons nuusbrief is maandeliks.
TEKEN IN

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!