Nuus > In die media > Ramaphosa stel wysigings aan Grondwet voor – AfriSake sal ingryp

AfriSake sal die geldigheid van enige wysiging aan artikel 25 van die Grondwet toets as die regering sou probeer om dit te verander in hul pogings om grond sonder regverdige en billike vergoeding te onteien.

Dít is AfriForum se antwoord op adjunkpresident Cyril Ramaphosa se opmerkings hieroor in die parlement gister. Ramaphosa het gesê dat die ANC-regering dit oorweeg om die Grondwet vir dié doel te wysig.

“Dit is uiters kommerwekkend dat eiendomsreg – veral privaat- eiendomsreg – in Suid-Afrika al meer onder skoot van politiese ekstremiste en die regering self kom. Daar blyk totale verontagsaming te wees vir die onvermydelike gevolge wat uit só ’n verandering aan die Grondwet sal spruit. Dit kan egter verwag word van ’n regering wat onwillig en nie in staat is nie om te erken dat die tekort aan vordering met die grondkwessie nie ’n grondwetlike probleem is nie, maar eerder ’n regeringsprobleem,” sê Armand Greyling, regs- en beleidsanalis by AfriSake.

Om grondeienaars by te staan en hulle oor hul regte en verantwoordelikhede in terme van grondbesetting en –hervorming in te lig, beplan AfriSake en AfriForum ’n konferensie op 13 Maart 2017.

TUIS     NUUS     INISIATIEWE     ARBEIDSREG     VERSLAE     KONTAK ONS

TEKEN IN

Ons nuusbrief is maandeliks.
TEKEN IN

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!