Nuus > In die media > Reserwebank se onafhanklikheid lewensnoodsaaklik tot Suid-Afrika se oorlewing

AfriSake is geskok oor die mees onlangse aankondigings wat deur Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), gemaak is dat die Grondwet gewysig moet word om toe te laat dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) “gebalanseerde en volhoubare ekonomiese groei in die republiek bevorder, asook verseker dat die sosio-ekonomiese welstand van burgers beskerm word”.

Indien die OB die tyd geneem het om die Grondwet te lees, sou sy opgelet het dat artikels 223, 224 en 225 handel oor die stigting, oogmerke, magte en funksies van die SARB. Die hoofoogmerk is die beskerming van die rand in die belang van ekonomiese groei. Die OB se voorstel blyk om ’n polities gemotiveerde argument te wees met die oog op die onsinnige cliché van “radikale ekonomiese transformasie”.

Stellig is die mees grondslaggewende artikel van die Grondwet oor die SARB se funksies artikel 224(2), wat lees: “Die Suid-Afrikaanse Reserwebank moet in die nastrewing van sy hoofoogmerk sy funksies onafhanklik en sonder vrees, begunstiging of vooroordeel verrig …” Die opstellers van die Grondwet het dit nodig geag om te verklaar dat die SARB ’n onafhanklike instelling is wat met die regering moet raadpleeg, en nie dat dit met die regering moet saamwerk om politieke agendas na te jaag nie.

“Wat die openbare beskermer probeer bereik is om met haar absurde aanbeveling die Reserwebank geheel van sy lewensnoodsaaklike onafhanklikheid te stroop. Dit sal die bank onderdanig aan die regering maak, wat gevolglik sal poog om die banksektor te nasionaliseer en om regeringsoogmerke te bevorder, eerder as volhoubare ekonomiese groei tot die voordeel van alle Suid-Afrikaners. Haar optrede en uitlatings kom neer op uiterste onkunde en volkome onbekwaamheid wanneer dit kom by die velde van reg en ekonomie,” sê Armand Greyling, regs- en beleidsanalis by AfriSake.

Enige poging om die Grondwet te wysig rakende die hoofoogmerk, magte, funksies en onafhanklikheid van die SARB sal met regsaksie deur AfriSake beantwoord word in die strewe na die beskerming, handhawing en bevordering van die beginsels van die vrye mark en die Grondwet.

TUIS     NUUS     INISIATIEWE     ARBEIDSREG     VERSLAE     KONTAK ONS

TEKEN IN

Ons nuusbrief is maandeliks.
TEKEN IN

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!