Nuus > In diepte > Verskille en ooreenkomste tussen die Onteieningswet van 1975 en die nuwe wetsontwerp van 2015

Volle name:    Onteieningswet 63 van 1975 (ou wet)

                        Onteieningswetsontwerp 2015 (nuwe wet)

1)         Definisies van eiendom:

Ou wet:           Beide roerende en onroerende eiendom.

Nuwe wet:       Eiendom soos bedoel in artikel 25 van die Grondwet (nie net beperk tot grond nie, dus ook roerende en onroerende eiendom).

2)         Openbare belang en openbare doel:

Ou wet:           Kan slegs onteien vir openbare doel.

Nuwe wet:      Kan onteien vir beide openbare belang en openbare doel.

* Openbare belang:    Onteiening ten einde grondhervorming te bevorder.

* Openbare doel:         Onteiening ten einde uiting te gee aan enige bepaling van ʼn wet deur ʼn staatsorgaan.

3)         Kennisgewings:

Ou wet:           Stuur bloot ʼn kennisgewing van onteiening aan eienaar om te onteien.

Nuwe wet:       Stuur eerstens ʼn kennisgewing van voorneme om te onteien; sodra daardie formaliteite afgehandel is, word finale kennisgewing van onteiening aangestuur.

4)           Bepaling van vergoeding:

Ou wet:           Geen riglyne oor hoe vergoeding bepaal moet word nie. Die eienaar kan met behulp van stawende bewyse aan die minister van openbare werke verduidelik watter bedrag kompensasie verwag word, maar daardie bedrag kan egter geweier word aan die hand van stawende bewyse deur die minister.

Nuwe wet:       Daar is riglyne waarvolgens vergoeding bepaal word, naamlik:

  • Huidige gebruik van eiendom;
  • Geskiedkundige verkryging van die eiendom;
  • Markwaarde van die eiendom;
  • Kapitale verbeterings op die eiendom; en
  • Doel van onteiening.

Die eienaar kan die bedrag wat deur die onteieningsowerheid aangebied word, betwis en meer vergoeding versoek met stawende bewyse, maar dit kan deur die onteieningsowerheid geweier word indien hulle ook stawende bewyse vir vermindering lewer.

5)         Boetes en oortredings:

Ou wet:           Persone wat valse inligting lewer, kan van bedrog aangekla word, en diegene wat nie die titelakte aan die minister oorhandig nie, kan ʼn boete van tot en met R2 000 of ses maande tronkstraf opgelê word, of beide.

Nuwe wet:       Persone wat valse inligting lewer, kan van bedrog aangekla word, en ʼn hof mag ʼn boete vir sekere oortredings oplê ten gunste van die Nasionale Inkomstefonds.

Deur Armand Greyling

TUIS     NUUS     INISIATIEWE     ARBEIDSREG     VERSLAE     KONTAK ONS

TEKEN IN

Ons nuusbrief is maandeliks.
TEKEN IN

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!