Nuus > In diepte > Wat sê die wet van grondeise en grondgrype?

Grondeise

  •  Word geïnisieer in terme van die Wet op die Herstel van Grondregte, 1994 (wetno. 22 van 1994).
  • Is ’n wettige proses in terme van artikel 25(7) van die Grondwet.
  • ’n Individu of verteenwoordiger van ’n groep stel ’n grondeis in.
  • Die eis se geldigheid word deur die grondeisekommissie bepaal.
  • Die kommissie dryf die saak vir en namens die eisers.
  • Die kommissie inspekteer eiendom wat geëis word om die bestaan van grafte en/of strukture te bepaal.
  • Dit word as ’n misdryf beskou indien ’n grondeienaar die kommissie verhoed om sodanige inspeksie te voltooi.
  • Na gelang van inspeksie word bepaal of die eis wel meriete het al dan nie.
  • Indien die eis as geldig beskou word, word dit in die Staatskoerant geadverteer en ’n kennisgewing word aan die grondeienaar oorhandig.
  • Verdere navorsing en ondersoek tot die eis word dan gedoen.
  • Die grondeienaar word geleentheid gegun om besware aan te meld en bewyse in te dien.
  • Die identiteit van eisers word dan geverifieer en bevestig.
  • Onderhandelings met die grondeienaar word bewerkstellig om grond óf met vergoeding te bekom, óf om bloot kompensasie aan eisers oor te betaal indien hulle nie grond wil hê nie.
  • Indien grondeienaars ’n eis wil teenstaan waar grond bekom wil word, sal die saak na die grondeisehof verwys word.
  • Nadat ’n hof ’n finale besluit aangaande vergoeding en die geldigheid van ’n eis bepaal het, sal die finale bevel bekragtig word en bindend wees op die partye.

Grondgrype

  •  AfriSake kan sy lede bystaan by sodanige grondgrypsake om betreders te verwyder, mits daar proaktief opgetree is met inagneming van onderstaande stappe.
  • Grondgrype word geïnisieer deur ’n groep individue wat eiendom onwettig betree en erwe vir okkupasie afmeet.
  • Dit is heeltemal onwettig en kom neer op onwettige betreding van eiendom in terme van die Wet op Oortreding, 1959 (wetno. 6 van 1959).
  • Die Grondwet beskerm die grondeienaar teen grondgrype in terme van artikel 25(1).
  • By bewuswording van grondgrype moet die eienaar die polisie ontbied en ’n saak van betreding rapporteer (strafregtelike saak).
  • Indien die SAPD nalaat en/of versuim om betreders te verwyder, moet regsaksie so gou as moontlik geneem word (siviele saak).
  • Neem foto’s van betreders, asook waar erwe afgemeet word of strukture besig is om opgerig te word.
  • Die grondeienaar moet die titelakte van die grond in sy besit hê ten einde regsaksie in te stel.
  • Regsaksie moet verkieslik op ’n dringende basis ingestel word terwyl erwe nog afgemeet word en voordat strukture opgerig is.
  • Probeer om individue te identifiseer en rede vir betreding uit te vind indien dit veilig is om só te doen.
  • Sosialemediaplatforms soos Facebook kan soms ’n manier wees om individue te identifiseer wat oproerigheid aanmoedig.
  • Maak seker dat die balju, die plaaslike polisiebevelvoerder, die minister van polisie en die departement van polisie as partye tot die hofgeding gevoeg word.
  • Ná ’n suksesvolle hofbevel bekom is om betreders te verwyder, moet die bevel so gou as moontlik na die balju en polisie geneem word om die betreders, asook enige strukture daarby opgerig, te verwyder.
TUIS     NUUS     INISIATIEWE     ARBEIDSREG     VERSLAE     KONTAK ONS

TEKEN IN

Ons nuusbrief is maandeliks.
TEKEN IN

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!