Nuus > In die media > Wetsontwerp op die Regulering van Landbouhoewes bevat menigte direkte diskriminerende voorwaardes

Die sakeregtewaghond AfriSake veroordeel die rassediskriminerende wetgewing wat op 17 Maart 2017 vir kommentaar in die Staatskoerant aangekondig is.

Volgens die Wetsontwerp op die Regulering van Landbouhoewes sal buitelandse grondeienaars wat beplan om landbougrond te verkoop dit eerste aan die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming (tans Gugile Nkwinti) moet bied vir aankoop, en as die minister nie sou verkies om die grond te bekom nie moet dit aan ’n swart persoon aangebied word soos uiteengesit in die Wet op Billike Indiensneming, 1998 (wetno. 55 van 1998). Slegs hierna mag die eiendom vir aankoop aangebied word aan ’n wit persoon, wat ’n blatante vorm van direkte diskriminasie teen ’n minderheidsgroep is. Plaaslike landbougrondeienaars sal volgens die wetsontwerp verplig wees om die grond wat hulle wil verkoop eers aan ’n swart persoon aan te bied en dan aan die minister.

Die minister sal ook ingevolge die Wetsontwerp mag en gesag hê om landbougrond te onteien waar ’n bedrag nie ooreengekom kan word tussen die departement en die grondeienaar nie. Die beginsel van “gewillige koper en gewillige verkoper” val dus heeltemal weg, en laat landbougrondeienaars met geen bedingingsvermoë om te verseker dat hulle ’n regverdige bedrag vir hul eiendom ontvang nie.

Ingevolge hierdie Wetsontwerp sal geen wit persoon die reg tot eerste weiering soos per die beginsels van ’n vry en oop ekonomie hê om deel te neem aan die aanskaffing van enige vorm van landbougrond nie. Die omvang van hierdie Wetsontwerp gaan so ver as om in te meng met die erfgoed van alle Suid-Afrikaanse burgers waar enige verkoop van landbougrond uit ’n bestorwe boedel ook aan die voorwaardes van die Wetsontwerp onderhewig sal wees. Versuim om aan die voorwaardes van die Wetsontwerp te voldoen, sal lei tot ’n boete of tronkstraf van nie langer nie as drie maande, of ’n kombinasie van beide.

“AfriSake sal die Konstitusionele Hof nader rakende die geldigheid van hierdie Wetsontwerp indien dit onderteken word, omdat dit ’n skadelike uitwerking op die ekonomie, voedselsekuriteit en die beginsels van ’n oop en vryemarksisteem in ’n demokratiese samelewing sal hê. Hierdie Wetsontwerp diskrimineer direk teen ’n minderheidsgroep onder die voorwendsel van grondhervorming,” sê Charles Castle, bestuurder by AfriSake.

AfriSake doen ’n beroep op die publiek om kommentaar aan die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming te stuur by RALHBill@drdlr.gov.za of sello.ramasala@drdlr.gov.za of om kommentaar per hand by 184 Jeff Masemolastraat, Pretoria, af te lewer. Die publiek word ook aangemoedig om ’n brief van verlenging te teken en aan die minister in te dien omdat die tydperk vir openbarekommentaar nie naastenby genoeg is om vir behoorlike openbaredeelname en -raadpleging voorsiening te maak nie. Hierdie brief is op AfriSake se webtuiste beskikbaar by www.afrisake.co.za.

#StopNkwinti  SMS “Land” na 32277 om ons te help in die geveg teen direkte diskriminerende wetgewing

TUIS     NUUS     INISIATIEWE     ARBEIDSREG     VERSLAE     KONTAK ONS

TEKEN IN

Ons nuusbrief is maandeliks.
TEKEN IN

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!