Inisiatiewe > Funksies > 2018 Begrotingspraatjie

Die Finale Aftelling: Hoe om hierdie ellendige begroting te oorleef 

Die Suid-Afrikaanse ekonomie is deur ‘n moeilike tyd. Sedert 2009 (die “Z-jare”) het Suid-Afrika se ekonomie in vergetelheid verval — gedryf deur swak en onsekere politieke leierskap. Ons het almal die impak van ‘n verswakkende ekonomie gevoel, gehoor van rommelstatus, en die droewige voorspellings gesien. Ekonomiese groei is struktureel laag, werkloosheid is op sy hoogste nóg, vertroue is op ‘n historiese laagtepunt en die staat se finansies is op die rand van ineenstorting. Wie ook al verantwoordelik sal wees vir die volgende begroting, het ‘n reuse taak om die fiskus te red. Ongelukkig sal hierdie taak belastingverhogings en vele meer nuwe belasting insluit. Nietemin, die ergste blyk agter ons te wees. Die nuwe nommer een sal dalk nie ‘n totale verskil maak nie, maar die dryfkrag van goeie sentiment mag dalk net aanleiding gee tot ‘n beter toekoms.

Die sakeorganisasie AfriSake in samewerking met die Efficient-groep hou op 21 Februarie 2018 ‘n begrotingspraatjie. Kom luister na Dawie Roodt, Trudie Rohlandt en Piet le Roux vir ‘n ontleding van hierdie jaar se begroting, ons ekonomiese vooruitsigte, en hoe jy jou persoonlike finansies kan bestuur om die aanpassing so pynloos moontlik te maak.

Slegs 100 sitplekke is beskikbaar vir AfriSake-lede en bespreking is noodsaaklik.

Datum: 21 Februarie 2018

Tyd: 18:00 vir 18:30

Plek: CSIR, Mering Naudestraat, Pretoria

Koste vir AfriSake-lede: R150

Vul die onderstaande vorm in om jou sitplek te verseker.

  • Tipe AfriSake lidmaatskap:
  • Wil jy gebruik maak van tolkdienste van Afrikaans na Engels:
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.
TUIS     NUUS     INISIATIEWE     ARBEIDSREG     VERSLAE     KONTAK ONS

TEKEN IN

Ons nuusbrief is maandeliks.
TEKEN IN

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!