Nuus > In die media > AfriSake troef BLF in hof

AfriSake het ’n hofaansoek gebring ten einde ’n interdik teen Black First Land First (BLF) te bekom om hulle te verbied om mense aan te hits om die misdade van betreding en massa- onwettige grondbesetting te pleeg. Die Noord-Gautengse hoë hof het die interdik vandag toegestaan en beveel dat BLF, Andile Mngxitama, sy leier, en Zanele Lwana, woordvoerder, hulle daarvan moet weerhou om die publiek aan te hits om hierdie misdade te pleeg. Die hof het BLF ook beveel om die koste op prokureur-en-kliënt skaal (insluitend die koste van twee advokate) van AfriSake se aansoek te betaal.

“Ons is baie tevrede dat die hof die interdik toegestaan het en sal voortgaan om organisasies wat hulself aan soortgelyke onwettige handelinge van aanhitsing skuldig maak, verantwoordbaar te hou. Ons het dieselfde roete met die EFF gestap wat soortgelyke uitlatings oor grondgrype gemaak het. Die boodskap moet daarom duidelik wees: Ongeag wie jy is of waarvoor jou organisasie staan, jy sal verantwoordelik gehou word vir dit wat jy in die publiek kwytraak,” sê Armand Greyling, regs- en beleidsanalis by AfriSake.

AfriSake het die hof vir ’n interdik genader nadat die sakeregtewaghond bewus geword het van mediaberigte oor en uitlatings deur BLF wat mense aanhits om grond onwettig te betree en te beset. Die sogenaamde Land Now Declaration wat die BLF op 27 Mei 2017 in Soweto bekend gestel het, het byvoorbeeld ’n rassistiese ondertoon en sluit af met die woorde “Take back the land! Land or Death!”. In Junie 2017 tydens ’n onderhoud op Radio Sonder Grense (RSG) het Lwana op die lug ’n beroep vir massagrondbesettings gedoen. BLF het verder aangevoer dat die organisasie in Januarie 2018 massagrondbesettings sal fasiliteer, wat AfriSake met geen ander keuse gelaat het as om in te gryp ten einde grondwetlike eiendomsregte te beskerm nie.

TUIS     NUUS     INISIATIEWE     ARBEIDSREG     VERSLAE     KONTAK ONS

TEKEN IN

Ons nuusbrief is maandeliks.
TEKEN IN

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!