Nuus > In die media > AfriSake veroordeel Eskom as staat monopolie-kapitaal

Die probleem met Eskom is nie bloot eensydige tariefvasstelling, wanbestuur of ʼn hopelose skuldsituasie nie. Die werklike probleem met Eskom is dat dit staat monopolie-kapitaal is.

Dit is die standpunt van AfriSake te midde van lopende Nersa-verhore oor Eskom se voorgestelde tariefverhoging.

“Ons verwerp die idee dat die staat ʼn monopolie op elektrisiteitsopwekking behoort te hê. En ons weier om te maak asof dit sogenaamd billik, doelmatig of redelik is om een staatsinstansie, Nersa, toe te laat om pryse vas te stel vir elektrisiteit verskaf deur ʼn ander tak van die staat, Eskom,” sê Piet le Roux, uitvoerende hoof van AfriSake.

Le Roux vervolg: “AfriSake veroordeel die bestaan van staat monopolie-kapitaal. Staat monopolie-kapitaal is, in der waarheid, die enigste werklike monopolie kapitaal wat daar is. Dit is een van die groot probleme in Suid-Afrika, vandag en histories. In ʼn vrye mark is elkeen se kapitaal onderworpe aan die voorkeure van verbruikers. Dit is ooglopend nie die geval met staat monopolie-kapitaal nie, na wie verbruikers gedwing word om hulle te wend omdat alternatiewe verbode is.”

AfriSake neem kennis van die onlangse verligting in regulasies wat privaatverskaffers verhoed om elektrisiteit op te wek. Bylaag 2 van die Wet op die Regulering van Elektrisiteit, 2006 (Wet no. 4 van 2006) verbied nou nie meer die opwekking van elektrisiteit onder een megawatt sonder vooraf lisensiëring en staatstoestemming nie, alhoewel produsente steeds verplig is om hulself te registreer.

“Ons hoop dat hierdie beperkte oopstel van die deur, om met die staat in die verskaffing van elektrisiteit mee te kan ding, deur privaat verskaffers aangegryp word. En dat hulle mateloos meer suksesvol daarmee is om die ekonomie Eskom-bestand te maak as wat reguleerders sou vermoed,” sluit Le Roux af.

TUIS     NUUS     INISIATIEWE     ARBEIDSREG     VERSLAE     KONTAK ONS

TEKEN IN

Ons nuusbrief is maandeliks.
TEKEN IN

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!