Nuus > In die media > ANC duld eiendomsreg, respekteer dit nie.

Die ANC duld eiendomsreg, maar respekteer dit nie. Dis nie verrassend nie, miskien teleurstellend, dat die ANC onder die presidentskap van Cyril Ramaphosa weg van ‘n markekonomie beweeg. AfriSake sal, waar van toepassing, dit sterk met regsaksie teenstaan en, waar nodig, met sterker maatreëls.Dít is die siening van AfriSake ná beleidsbesluite wat tydens die ANC se 54ste Nasionale Konferensie geneem is. AfriSake is 12 000 lede sterk – die grootste sake-organisasies in die land.

“Die ANC is in wese besig om radikale ekonomiese transformasie te versnel. Besluite wat geneem is, sluit onteiening sonder vergoeding en die nasionalisering van die Reserwebank in – maar dit is slegs die hoofopskrifte. Sonder veel uitsondering sal die uitkoms van dié konferensie ekonomies en maatskaplik skadelik wees,” sê Piet le Roux, uitvoerende hoof van AfriSake.

“Gelukkig is die slegte nuus meestal ou nuus. Die ANC het nie skielik ’n nuwe rigting ingeslaan nie en die inwerkingstelling daarvan sal omtrent net so lank neem as wat dit in die afgelope jare geneem het. Die georganiseerde sake- en die burgerlike gemeenskap moet hul bes doen om dit selfs moeiliker vir die ANC te maak om hul besluite uit te voer.”

TUIS     NUUS     INISIATIEWE     ARBEIDSREG     VERSLAE     KONTAK ONS

TEKEN IN

Ons nuusbrief is maandeliks.
TEKEN IN

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!