ARBEIDSREG

OORSIG

VISIE

  • Om te verseker dat AfriSake-lede bemagtig word om hul regte as arbeidsrolspeler binne die werkgewersektor van Suid-Afrika te optimaliseer.
  • Om AfriSake se arbeidsregadvieseenheid as die mees invloedryke arbeidsregrolspeler in die werkgewersektor van Suid-Afrika te vestig

MISSIE

Die eenheid sal daarna streef om AfriSake-lede:

  • toe te rus om arbeidsregsaangeleenthede proaktief te bestuur ten einde risiko’s te beperk en uitsette te optimaliseer;
  • toe te rus om arbeidsverhoudings tussen die werkgewer en werknemer te bestuur; en op hoogte te hou van verwikkelinge binne die omgewing van arbeidsreg

OPLEIDING

AfriSake sal deurlopend opleidingseminare aan lede bied. Hierdie opleiding sal vir werkgewers die nodige middels bied om, met die uitvoer van arbeidsprosedures, hul risiko’s te beperk. AfriSake is dus die eerste organisasie sonder winsoogmerk wat aan sy lede ’n direkte voordeel bied.

PANEELKONSULTANTE/PROKUREURS

AfriSake sal na gelang van die lid se versoek die lid verwys na ’n paneel in die bepaalde area.

DIENSTE

Telefoniese bystand/advies | Opleidingseminare | Bystand met dissiplinêre verhore

BEPALINGS EN VOORWAARDES

AfriSake se arbeidsregadvieseenheid bied ’n diensvoordeel aan alle maatskappylede wat aan die bepalings en voorwaardes voldoen. Enige advies, dokumentasie en hulpmiddels wat aangebied en/of ontvang word van AfriSake se arbeidsregadvieseenheid is uitsluitlik vir die gebruik van die betrokke maatskappylid en mag nie sonder die skriftelike toestemming of medewete van AfriSake se arbeidsregadvieseenheid versprei, gekopieer of by enige openbare forum en/of enige soortgelyke forums, hetsy digitale of sosiale platforms, vir die doeleindes van advies en/of ’n winsoogmerk vertoon word nie.

AfriSake behou alle regte voor ten opsigte van enige dokumentasie en/of hulpmiddels verskaf. Elke individu en/of onderneming wat van AfriSake se arbeidsregadvieseenheid se diensvoordele gebruik maak, maak gebruik daarvan op eie risiko en skeld AfriSake vry van enige eise voortspruitend (indien enige). AfriSake se onderneming aan elke maatskappylid is om professionele advies, ondersteuning en bystand van ’n hoë gehalte te bied.

  • Om ’n maatskappylid te word, moet die betrokke maatskappy ’n minimum bydrae van R500 per maand betaal. Die bydrae sal ook die diensvoordele bepaal.
  • AfriSake behou verder die reg voor om enige vorm van diensvoordeel deurlopend te evalueer, te herstruktureer en/of te verbeter indien wysigings noodsaaklik mag wees.
  • Indien ’n lid se debietorderverhaling in enige betrokke maand onsuksesvol is, sal die diensvoordele onmiddellik gestaak word.
  • ’n Jaar soos omskryf in die ledevoordeel is elke betrokke jaar vanaf 1 Januarie tot en met 31 Desember.
  • Die telefoondiens is ook beskikbaar op Skype.
  • Vasgestelde tariewe en die lys van paneelprokureurs mag gewysig word sonder voorafkennisgewing aan lede.
  • Waar van toepassing sal die gebruik-dit-of-verloor-dit-beginsel van krag wees.

WORD DEEL

VAN DIE GESPREK

facebookyoutubetwitter

TUIS     NUUS     INISIATIEWE     ARBEIDSREG     VERSLAE     KONTAK ONS

TEKEN IN

Ons nuusbrief is maandeliks.
TEKEN IN

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!