Nuus > In die media > Ekonomiese krisis staar plaaslike munisipaliteite in die gesig

AfriSake tree tans in om ekonomiese krisisse landswyd af te weer, met verskeie plaaslike munisipaliteite wat elektrisiteitsafsluitings deur Eskom in die gesig staar. Dit is AfriSake se standpunt dat Eskom, nieteenstaande agterstallige munisipale elektrisiteitsrekeninge, in wese onbillik optree met elektrisiteitsweerhouding van besighede en ander eindgebruikers met opbetaalde rekeninge of selfs voorafbetaalde elektrisiteit.

AfriSake nooi sy lede en die publiek uit om bewyse van Eskom se voorneme om elektrisiteit af te sluit, insluitend kennisgewings en kort beskrywings van die situasie, op sy webblad in te dien.

Dorpe en munisipaliteite wat moontlik geraak kan word, sluit onder andere in Koster en Swartruggens (Kgetlengrivier Plaaslike Munisipaliteit), Naboomspruit/Mookgophong (Modimolle Plaaslike Munisipaliteit), Barkly-Wes (Dikgatlong Plaaslike Munisipaliteit), Vryburg (Dr Ruth Segomotsi Mompati Distriksmunisipaliteit) en Secunda (Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit).

Piet le Roux, uitvoerende hoof van AfriSake, sê dat Eskom se optrede blyk om administratief gebrekkig, onbillik en teenproduktief te wees. “Eskom is ’n monopolie beskerm deur regeringsregulasies wat vrye kompetisie, wat ondernemings en ander verbruikers van alternatiewe elektrisiteitsverskaffers sou voorsien, verhoed. Verder word mense gedwing om Eskom te betaal via wanbetalende plaaslike owerhede, wat in wese as Eskom-invorderaars optree, maar wat dan terselfdertyd nalaat om die geld aan Eskom oor te betaal. Nou wil Eskom elektrisiteit weerhou, nie net van verbruikers wat op datum met hul rekeninge is nie, maar selfs van diegene wat voorafbetaalde elektrisiteit gekoop het.”

Die skade aan plaaslike ekonomieë sal aansienlik wees en sal sulke munisipaliteite in ’n neerwaartse spiraal dompel. “En dit is om nie eens te praat van die humanitêre nagevolge, wanneer hospitale, skole, rioolaanlegte, verkeersligte en ander voordelige openbare infrastruktuur sonder elektrisiteit sit nie,” sluit Le Roux af.

TUIS     NUUS     INISIATIEWE     ARBEIDSREG     VERSLAE     KONTAK ONS

TEKEN IN

Ons nuusbrief is maandeliks.
TEKEN IN

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!