Nuus > In die media > Minibegroting: AfriSake waarsku teen belastingverhoging

Skaars enkele maande ná die aanvang van Malusi Gigaba, minister van finansies, se termyn is Suid-Afrika se fiskale posisie skerp aan die verswak. Terwyl die regering desperaat op soek is na meer inkomste om sy weghol bestedingsgewoontes te befonds, staar burgers en ondernemings die bedreiging in die gesig dat selfs meer van hul hulpbronne deur die staat toegeëien gaan word met swaar belastingheffings en -regulasies wat ekonomiese vooruitsigte net verder sal skaad.

Dié waarskuwing kom van AfriSake se uitvoerende hoof Piet le Roux op die vooraand van die Mediumtermyn Begroting wat die minister van finansies dié week voorlê.

Die Mediumtermyn Begroting, algemeen bekend as die minibegroting, voorsien nasionale tesourie van die geleentheid om die parlement op datum te bring van die inkomste- en uitgawevooruitskattings wat in Februarie 2017 gemaak is, asook om planne en idees bekend te maak wat in Februarie 2018 ter tafel gelê kan word om in April 2018 ten uitvoer te bring.

Le Roux sê dat burgers en ondernemings moet fokus op hoe nasionale tesourie beplan om sy groeiende tekort toe te stop. “As die minister van finansies opregte verbintenisse aangaan om nié belasting te verhoog en nie te leen nie, en eerder besteding te verminder en nader aan ’n gebalanseerde begroting te beweeg, sal dit ’n uiters positiewe wending wees. Ongelukkig blyk dit hoogs onwaarskynlik te wees,” sê Le Roux.

Le Roux merk op dat onlangse inligting daarop dui dat die regering se bestedingsgewoontes eerder toeneem, wat dit dwing om staatseffekte uit te reik en gevolglik nasionale skuld te verhoog. Die volgende risiko is egter dat belasting- en ander regulatoriese laste verswaar. “Die Davis-belastingkomitee is hard besig om bykomende maniere te vind waarop die regering meer belasting kan in, terwyl die nasionale tesourie reeds oor verskeie hefbome beskik om te probeer om waardevolle hulpbronne vanuit privaat hande na die staatskas oor te dra,” waarsku Le Roux.

Hy voeg by dat die neem van bykomende hulpbronne vanuit rykdomskeppende aktiwiteite en die kanalisering daarvan na rykdomverbruikende aktiwiteite egter geweldig negatiewe gevolge vir die welvaart van almal in Suid-Afrika sal hê. “Nasionale tesourie het die vermoë en mag om meer belastings, aksyns en tariewe te hef, maar dit het nie die mag oor ekonomiese wette en menslike handeling nie. Wanneer die lewensbestaan van burgers en ondernemings al meer deur nypende belasting en regulering bedreig word, sal handel óf opdroog, óf ondergronds gaan om van die staat se houvas te ontsnap. Hoe dit ook al sy, daar is ’n beperking op die hoeveelheid inkomste wat die regering uit die produktiewe sektore van die ekonomie kan tap. ’n Beduidende afname in die grootte van die staat is verkieslik bó meer vernietigende belasting.”

TUIS     NUUS     INISIATIEWE     ARBEIDSREG     VERSLAE     KONTAK ONS

TEKEN IN

Ons nuusbrief is maandeliks.
TEKEN IN

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!