Nuus > In die media > Namibië en Zimbabwe verlig SEB-vereistes, maar Suid-Afrika verskerp syne

Dit is skreiend dat die Suid-Afrikaanse regering SEB-vereistes verskerp terwyl Namibië en Zimbabwe hul swart eienaarskapsvereistes verslap. Dít is die standpunt van AfriSake ná die aankondiging deur president Hage Geingob van Namibië dat sy regering van ’n 25%-swarteienaarskapsvereiste vir ondernemings daar afstand doen.

“Dit is reeds meer as tien jaar sedert ’n internasionale paneel van ekonome, insluitend die gerekende professor Daron Acemoglu, aanbeveel het dat die gedwonge oordrag van eienaarskap na swart persone in Suid-Afrika se SEB-regulasies geskrap moet word. Die verpligte weggee van aandeelhouding in ondernemings aan swart persone is een van die skadelikste aspekte van SEB en een van die swaarste ekonomiese laste in Suid-Afrika. Dit word kwansuis vir regstelling gedoen, maar dit benadeel inderwaarheid die gemiddelde swart persoon en verhoed die normalisering van die ekonomie – ten spyte van enige goeie bedoelinge,” sê Piet le Roux, uitvoerende hoof van AfriSake.

Le Roux sê die Suid-Afrikaanse regering is met sy SEB-regulasies besig om ’n getoetste resep vir mislukking nogmaals op die proef te stel met Rob Davies, minister van handel en nywerheid, wat sopas voorgestelde verskerpings in swart eienaarskapsvereistes in die SEB-kodes gepubliseer het. “Die voorgestelde kodes ontmoedig investering en sal sakelui verder van die land vervreem,” sê Le Roux.

“Dit is nie net die Namibiese regering wat pas hul skrapping van die voorgestelde eienaarskapsvereiste aangekondig het nie; Zimbabwe het ook die afgelope tyd soortgelyke verslappings vir sekere mynbou-ondernemings toegestaan. Tog beur minister Davies en die ANC voort op die pad waarvan Namibië en Zimbabwe, met goeie rede, nou begin terugdeins. Dit wil voorkom of die ANC en Davies inderdaad niks geleer en niks vergeet het nie,” sluit Le Roux af.

Kommentaar op die jongste SEB-kodes word tot einde Mei by die departement ingewag. AfriSake sal sy kommentaar aan die publiek beskikbaar stel sodra dit gereed is.

 

TUIS     NUUS     INISIATIEWE     ARBEIDSREG     VERSLAE     KONTAK ONS

TEKEN IN

Ons nuusbrief is maandeliks.
TEKEN IN

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!