Inisiatiewe > Veldtogte > Stop Onteiening

“AfriSake ondersteun eiendomsreg. Ons monitor wat in die parlement gebeur, lewer insette, en neem waar nodig sake na die hof. Maar dit sou nie genoeg wees om net op beter politieke besluite staat te maak nie. Daarom werk ons ook om ons lede se belange – en die openbare belang – te beskerm selfs onder die slegste moontlike politieke leierskap.”

– Piet le Roux, uitvoerende hoof van AfriSake –

Die openbare konsultasieproses, vir die voorgenome wysiging van die Grondwet om vir onteiening sonder vergoeding voorsiening te maak, het op Maandag 26 Junie 2018 afgeskop. AfriSake gaan deelneem en moedig sy lede aan om ook deel te neem.

Grondwetlike hersieningskomitee opbenbare konsultasies skedule:

Limpopo & Noord-Kaap     27 – 30 Junie 2018

Mpumalanga & Vrystaat     2 – 4 Julie 2018

Natal & Noordwes              17 – 19 Julie 2018

Gauteng & Oos-Kaap         26 – 28 Julie 2018

    Wes-Kaap                          1 – 4 Augustus 2018

Kliek hier vir die volledige skedule.

AfriSake dien kommentaar in teen onteiening sonder vergoeding

AfriSake het intussen sy skriftelike teenstand teen die voorgestelde verandering by die grondwetlike hersieningskomite ingedien. Dit bevat

  1. AfriSake se standpunt, opgestel deur Piet le Roux, uitvoerende hoof van AfriSake
  2. Besware vanuit ‘n konstitusionele oogpunt, opgestel deur professor Koos Malan van die Universiteit Pretoria
  3. Besware vanuit ‘n internasionalereg-oogpunt, opgestel deur professor Hennie Strydom van die Universiteit Johannesburg
  4. Besware vanuit ‘n ekonomiese oogpunt, opgestel deur Russell Lamberti, ‘n makro-strateeg van ETM Analytics
  5. ‘n Uiteensetting van feitefoute en statistiese gebreke in die mosie vir onteiening sonder vergoeding, soos deur die EFF en ANC voorgestel en deur die parlement aanvaar.

Kliek hier vir die volledige dokument.

AfriSake se standpunt oor onteiening sonder vergoeding en benadering tot eiendomsreg 

AfriSake is gekant teen die voorgestelde wysiging van die grondwet om onteieining sonder vergoeding moontlik te maak. Lees hier wat AfriSake se standpunt oor onteiening sonder vergoeding is.

AfriSake bevorder eiendomsreg om drie redes: die belang van die eienaar; die algemene ekonomiese belang; en die belang van die burgerlike samelewing en die regsorde. Lees hier wat AfriSake se benadering tot eiendomsreg is.

Nuus

Onteiening sonder vergoeding ondermyn konstitusionele legitimiteit

AfriSake bied suksesvolle inligtingsessies oor grondonteiening aan

Aankondiging: AfriSake sal gratis regsaksie dryf vir eerste lid wat sonder vergoeding onteien word

AfriSake en AfriForum bied nasionale inligtingsessies oor grondonteiening aan

‘n Oorsig van AfriSake se beraad oor onteiening sonder vergoeding

Onteiening sonder vergoeding berus op statistiese fiksie

AfriSake hou Blitsberaad oor onteiening sonder vergoeding

ANC en EFF wil onteien sonder vergoeding. AfriSake sê NEE 

 

Voeg jou naam by hierdie stryd #StopOnteiening

TUIS     NUUS     INISIATIEWE     ARBEIDSREG     VERSLAE     KONTAK ONS

TEKEN IN

Ons nuusbrief is maandeliks.
TEKEN IN

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!